Slapende honde miaau nie

Slapende honde miaau nie

by Elsabe Steenberg
Slapende honde miaau nie

Slapende honde miaau nie

by Elsabe Steenberg

eBook

$8.99  $10.13 Save 11% Current price is $8.99, Original price is $10.13. You Save 11%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Kotie skrik toe iemand skielik uit die skemer voor haar opdoem. Agter haar en Jaco lê die park verlate. Maar dan herken sy die vrou – die een wat dikwels hier buite die park onder die tamarisk sit, altyd met ’n bottel by haar. “Hierso,” sê die vrou. “Vat die kind.” Sy sleep iets agter haar rug uit, stoot dit tot voor Kotie. “Ek wil haar nie meer hê nie, en ek sien liewer dat jy haar vat as dat die welfare haar kom haal. Dan is daar weer hell to pay.” “Moet ek jou kind vat?” Verbysterd kyk Kotie af op die klein mensie wat sonder ’n geluid net daar staan, toegeknoop in ’n groot bloes. Sy buk, tel haar op, dra haar tot onder die lamppaal. Die lig wys ’n soet gesiggie onder taai, krullerige haartjies. Jaco kom pluk aan Kotie se rok. “Wat sê die tannie? Hè, Kotie?” Dan nuuskierig: “Is dit ’n rêrige babetjie?” En dan is die vrou weg. Net die tamarisk staan nog daar in die skemer. Verslae staar Kotie na die wesentjie voor haar. Maar skielik voel sy ’n opwinding wat haar vel laat prik. “Luister,” sê sy vir Jaco. “Hierdie kind is ons twee se geheim. Jy moet vir niemand van haar sê nie. Ek moet eers dink wat om te doen . . . Ek moet eers mooi dink . . .”

Product Details

ISBN-13: 9780624078388
Publisher: Tafelberg
Publication date: 07/17/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 108
File size: 693 KB
Age Range: 12 - 18 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Elsabe Steenberg (1938-1996) is die bekroonde skrywer van Klawervyf, Eendoring met lang bene, Boom, Bomer, Boomste en Stippe Stappe Stories. Sy stel die eerste honneurskursus in kinder- en jeugliteratuur aan ’n Suid-Afrikaanse universiteit in en help vestig dit op dié manier as ’n volwaardige en erkende literêre genre. Sy ontvang in 1993 ’n erepenning van die Akademie vir Wetenskap en Kuns vir haar bydrae tot die literatuur. Sy is die suster van André P. Brink.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews