Rooikop te koop

Rooikop te koop

by Ettie Bierman
Rooikop te koop

Rooikop te koop

by Ettie Bierman

eBook

$5.07 

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Die rooikop-kunstenares Jennie Botha se lewe verander eensklaps toe sy haar ouers in ’n motorongeluk verloor. Skielik bly sy alleen agter in die imposante grasdakhuis op ’n kleinhoewe saam met haar drie blinkoog-bulterriërs, hanslam, katte, hoenders, ganse en eende. Haar vriend Thys, ’n belowende argitek, dring daarop aan dat sy die huis verkoop sodat hy vir haar ’n modern huis in die stad kan bou sodra hulle eers getroud is. Thys hou nie van diere nie en ook nie van tuinmaak nie. Verder is die kleinhoewe te ver van alles af; te ver van sy kantoor, kliënte, kollegas en die teater . . . Hy is pynlik netjies en verkies eintlik blondines – vroulike meisies in rokke, kouse en hoëhakskoene. Jennie maak kennis met Roux van Zyl, ’n voornemende koper vir die huis. Hy is presies die teenoorgestelde van Thys: hy het deurmekaar hare en ’n halfdag oue stoppelbaard; hy wil graag die honde afrig en hou van rooikoppe in kakiebroeke en verfbesmeerde oorhangtruie. Hoewel Jennie en Roux aanvanklik nie stryk nie, leer hulle mekaar geleidelik beter ken en voel sy baie aangetrokke tot hom. Die sprankelende, genotvolle verhaal van ’n grasdakhuis en sy rooikop-eienares, en van die bittersoet spel van die liefde.

Product Details

ISBN-13: 9780624069744
Publisher: Jasmyn
Publication date: 02/28/2014
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 224
File size: 378 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Ettie Bierman is ’n alombekende, gewilde skrywer van romantiese verhale. Sy is getroud met Roelf van Rensburg, self ook skrywer en oud-uitgewer. Hulle woon sedert 2003 aan die suidkus van KwaZulu-Natal, waar sy ná ’n stilte van ses “sabbatsjare” weer volstoom aan die skryf is.

Read an Excerpt

Die rooikop-kunstenares Jennie Botha se lewe verander eensklaps toe sy haar ouers in ’n motorongeluk verloor. Skielik bly sy alleen agter in die imposante grasdakhuis op ’n kleinhoewe saam met haar drie blinkoog-bulterriërs, hanslam, katte, hoenders, ganse en eende.

Haar vriend Thys, ’n belowende argitek, dring daarop aan dat sy die huis verkoop sodat hy vir haar ’n modern huis in die stad kan bou sodra hulle eers getroud is. Thys hou nie van diere nie en ook nie van tuinmaak nie. Verder is die kleinhoewe te ver van alles af; te ver van sy kantoor, kliënte, kollegas en die teater . . . Hy is pynlik netjies en verkies eintlik blondines – vroulike meisies in rokke, kouse en hoëhakskoene.

Jennie maak kennis met Roux van Zyl, ’n voornemende koper vir die huis. Hy is presies die teenoorgestelde van Thys: hy het deurmekaar hare en ’n halfdag oue stoppelbaard; hy wil graag die honde afrig en hou van rooikoppe in kakiebroeke en verfbesmeerde oorhangtruie. Hoewel Jennie en Roux aanvanklik nie stryk nie, leer hulle mekaar geleidelik beter ken en voel sy baie aangetrokke tot hom.

Die sprankelende, genotvolle verhaal van ’n grasdakhuis en sy rooikop-eienares, en van die bittersoet spel van die liefde.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews