Monochroom Reënboog

Monochroom Reënboog

by Andre Fourie
Monochroom Reënboog

Monochroom Reënboog

by Andre Fourie

Paperback

$15.00 
  • SHIP THIS ITEM
    Qualifies for Free Shipping
  • PICK UP IN STORE
    Check Availability at Nearby Stores

Related collections and offers


Overview

"Wat is lewensgetrou?" mag baie mense wonder. Tereg ook. Met hierdie boek poog die skrywer om so "lewensgetrou moontlik" 'n prentjie te skets van 'n bepaalde omgewing tydens die 1960's en 1970's in Suid-Afrika - gesien uit die oogpunt van 'n Afrikaanse seun. Dit is belangrik om daarop te let dat daar destyds, soos vandag, 'n veelvoud van omgewings was met verskillende belewenisse daarvan. Hierdie boek probeer om een so 'n belewenis uit te lig. Daar mag woordkeuses wees wat gaan seermaak en ontstel, beskrywings en woorde wat vandag waarskynlik polities nie korrek is nie. Die skrywer glo egter dat outentisiteit in die slag sou bly sonder genoemde woorde en beskrywings.

'n Groot gedeelte van die boek is op ware gebeure gebaseer, maar om die identiteit van persone te beskerm, is name en heel dikwels konteks verander en 'n goeie skeut fiksie is bygevoeg.

***

Die termometer wat aan 'n boomtak in die basis hang, het vroegoggend reeds by 31 grade celsius verby beweeg, op pad 51 toe, soos gister. Caprivi, 1976. Die groep jongmanne is gereed en wag ongeduldig dat die kapelaan klaar moet bid vir "ons bewaring in die aangesig van die vyand" en dat almal weer veilig basis toe sal terugkeer. Vier Unimogs staan gereed en die ekstra ammo lê swaar op Abrie se rug. Sy browns slaan reeds donker sweetvlekke uit en die son steek sy nek waar hy met geboë hoof staan, boshoed voor die bors.

Later sou hy wonder of dinge anders sou uitgewerk het as hulle daardie oggend dalk met groter erns saam met dominee Kasselman gebid het. Almal het nie teruggekeer nie...
Maar wag, hierdie is die verkeerde kant. Die storie begin heelwat vroeër...

Product Details

ISBN-13: 9781507659397
Publisher: CreateSpace Publishing
Publication date: 04/08/2015
Pages: 270
Product dimensions: 5.98(w) x 9.02(h) x 0.61(d)
Language: Afrikaans
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews