eBookAfrikaans Language Edition (Afrikaans Language Edition)

$11.49  $14.74 Save 22% Current price is $11.49, Original price is $14.74. You Save 22%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Wanneer Sean Courtney, die held van Witwatersrand, van ’n lang jagtog terugkom, loop hy hom vas in die geweld van die Anglo-Boereoorlog, sy broer Garrick se afgunstige haat, ’n volgende geslag kinders wat moeilikheid vir die Courtney-familie voorspel, en – bowenal – Ruth Friedman. Ruth slaan sy voete skoon onder hom uit. Vurig, jonk en… ’n ander man se vrou. Boonop raak haar man Sean se boesemvriend en beskermling in die oorlog! Die magte van die noodlot voer Sean telkens van hoop tot wanhoop, na oomblikke van glorie en oomblikke van verslaentheid. Deur elke uitdaging dra sy selfgeloof, sy krag en sy ysere wil hom. Daar is die plaas wat hy probeer vestig; sy seun Dirk se kommerwekkende swakhede; sy wedywering met sy voormalige swaer en nou Boeregeneraal Jan Paulus le Roux; die komplekse verhouding met sy buite-egtelike seun, Michael; sy broer Garrick wat hom links en regs beduiwel; die weerspannige Ruth; en Storm, die dogter wat in hulle ongeoorloofde passie verwek is… Met ’n paar perfek geplaaste karakters, voer Wilbur Smith die leser meesterlik tot midde-in die Anglo-Boereoorlog se aksie, van beroemde veldslae tot tipiese kleiner skermutselings. Teen die agtergrond van hierdie groot stryd tussen volke, voer Sean ’n persoonlike stryd om oorlewing, om ’n toekoms vir hom en sy geliefdes te bou, en om geluk te vind saam met die vrou vir wie hy lief is.

Product Details

ISBN-13: 9780795707551
Publisher: Adamastor
Publication date: 11/01/2015
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
File size: 885 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Wilbur Smith is in Zambië gebore en het by Rhodes Universiteit studeer. Hy het as rekenmeester gewerk, maar ʼn voltydse skrywer geword toe When the Lion Feeds (vertaal en uitgegee deur Adamastor as Witwatersrand in 2014) in 1964 gepubliseer is. Hy het meer as 30 topverkopers geskryf waarvan altesaam meer as 120 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop is.
Zirk van den Berg is in Namibië gebore, het grootgeword in Suid-Afrika, en woon deesdae in Nieu-Seeland. Hy publiseer ʼn kortverhaalbundel, Ekstra dun vir meer gevoel, in 1989 en daarna ʼn roman, Wydsbeen. Hierna het hy Nobody Dies geskryf, sy eerste Engelse roman. ʼn Ander mens is die Afrikaanse vertaling hiervan. Halfpad een ding en die Engelse vertaling Half of One Thing verskyn in 2014.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews