Die singende gras

Die singende gras

by Freda Linde
Die singende gras

Die singende gras

by Freda Linde

eBook

$8.49  $9.67 Save 12% Current price is $8.49, Original price is $9.67. You Save 12%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Lans werk by ’n hotel langs die nasionale pad, naby die Hardapreservaat in Suidwes. Dis sy werk om vir Jesha, die kameel, op te pas. Eers was sy vir almal ’n aardigheid, maar nou staan sy verwaarloos, jaarin en jaaruit in die bloedige son – ingehok in ’n kampie. Niemand gee vir haar om nie, net Lans. Elke middag, wanneer sy werkies klaar is, gaan hy op die hitte van die dag stap. Ná die goeie reëns staan die gras sag soos pluis, nie groen nie maar groenwit, en rooierig en effens pers. Aan die voet van die tafelkop waar die gras al droog is, skuur die polle ’n dowwe snarespel teen die leer van sy skoene terwyl hy stadig aanstryk . . . Van die kop af kan hy vir Jesha sien. En hy droom van ’n dag wanneer hy meer verdien, vir Jesha van die Weissfelds kan koop en haar op ’n lang tog gaan neem – woestyn toe. “Daar sal vir haar skaduwee wees. Skaduwee en woestyn. ’n Kameel moet ’n woestyn hê.” Lans neem inderdaad vir Jesha op ’n lang tog – maar in ’n ander rigting en om ’n heeltemal ander rede as waarvan hy gedroom het. Dié tog bring vir Lans avontuur . . . en ’n groot hartseer, maar ook vergesigte wat byna te goed is om waar te wees. Die singende gras is in 1974 met die Scheepersprys vir Jeuglektuur en in 1976 met die W.A. Hofmeyr-prys bekroon.

Product Details

ISBN-13: 9780624078050
Publisher: Tafelberg
Publication date: 12/17/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 151
File size: 2 MB
Age Range: 12 - 18 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Freda Linde is in Swellendam gebore en het grootgeword op hulle familieplaas tussen Bonnievale en Swellendam. Daar het 32 boeke van haar verskyn, waarvan 29 kinder- en jeugboeke is. Haar eerste kinderboek, wat in 1959 verskyn het onder die titel Swiera van die Waterkant, word deur dr. Lydia Snyman beskryf as "die eerste kinderboek in Afrikaans met 'n simboolstruktuur". Sy het meer as 150 kinderboeke van buitelandse skrywers, hoofsaaklik prenteboeke, in Afrikaans vertaal vir plaaslike uitgewers. Van haar oorspronklike boeke het ook 'n aantal in vertaling verskyn - oorsee sowel as plaaslik.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews