Hartklop Omnibus 3

Hartklop Omnibus 3

Hartklop Omnibus 3

Hartklop Omnibus 3

eBook

$10.99  $12.44 Save 12% Current price is $10.99, Original price is $12.44. You Save 12%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Heler van skade: Lucinda O’Neill word ’n pos as pediater by die Wynland-kliniek vir Aansteeklike Siektes aangebied en dit bring ’n algehele ommekeer in haar lewe mee – en nie slegs op professionele gebied nie. Want hier ontmoet sy vir Werner Huber, ’n siviele ingenieur, wie se seun tydens ’n werkskontrak in Afrika ’n tropiese siekte opgedoen het. Wanneer hy die seuntjie na die kliniek bring, maak dit ’n groter impak op Lucinda se lewe as wat sy ooit kon voorsien het. En intussen maak die resiesjaer Edwin van Reenen, wat haar ken sedert hulle kinderdae in die weeshuis, aanspraak op haar vriendskap en liefde. Lucinda het haar nog altyd van liefdesverbintenisse weerhou; haar werk was haar erns. Maar in die Wynland-kliniek word sy verplig om keuses te maak – en meteens lyk haar pad vorentoe baie gekompliseerd. Die dokter se geheime passie: Janli Filmalter, ’n toegewyde mediese student in haar vyfde jaar, en dokter Christiaan Lombard ken mekaar al vandat sy ses en hy nege jaar oud was. Hulle ken ook mekaar se families goed – dalk té goed. Waarom haat Christiaan haar skatryk pa so? Sal hy Gé, haar losbol-broer, kan vergewe vir wat hy aan sy onskuldige kleinsus gedoen het? Maar die belangrikste: probeer Christiaan op die Filmaters wraak neem deur Janli te verlei? Ontmoet my in Patong: Laura Els is glad nie baie gelukkig in die hospitaal waar sy verpleeg nie. Miskien is dit omdat haar kêrel, Braam, weg is Engeland toe. Of dalk is dit nog die nadraai van die tsoenami-gebeure. Wat ook al, Laura besluit om Engeland toe te gaan, na Braam toe. Maar voor dit wil sy eers terug Thailand toe vir ’n kort vakansie om deur die herinneringe van die tsoenami en haar tyd daar te werk. In Thailand ontmoet sy toevallig weer die Engelse sakeman, Francis, wie se lewe sy destyds gered het. Die aantrekkingskrag tussen hulle skryf Laura toe aan die feit dat sy hom destyds gered het. Natuurlik sal so iets mens nader aan mekaar bring! En sy is immers nog verlief op Braam. In Patong het die lewe egter sy eie loop . . .

Product Details

ISBN-13: 9780624080930
Publisher: Hartklop
Publication date: 06/06/2017
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 512
File size: 689 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Madeleine Malherbe is die skrywer Eleine Roets se doopname, en skuilnaam. Liefste Strooipop (2004) was haar eerste liefdesverhaal by Jasmyn, en in 2006 het haar roman ’n Tweede kans vir Thelma verskyn. Sy woon in Pretoria.
Soos in haar vorige verhale, Aarbeie vir dokter Aliz en Tango met ’n chirurg, bewys Rykie Roux haarself met Die dokter se geheime passie weer eens as een van die top-liefdesverhaalskrywers in Afrikaans. Haar mediese navorsing is puik, en sy het ’n gawe met dialoog.
Dr Malene Breytenbach het drie meestersgrade asook ’n doktorsgraad in joernalistiek. Sy en haar man woon op Stellenbosch. Malene het verskeie liefdesverhale op haar kerfstok, sowel as die gewilde romans Gister is ’n ver land, Pluimprinse en Bloedgrond.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews